Borg ’n kind vir ’n kamp

Kampe bied vir ons ’n effektiewe manier om by kinders se harte uit te kom want ons glo dat Christus die kinders se lewens aanraak en verander deur die ervarings wat op kampe geskep word.

 

Ons bied die volgende kampe aan:

  • Kringleierskampe
  • Leierskapkampe
  • Graad 7-skoolverwisselingskampe
  • Vakansiekampe
  • Takkampe
  • Spanbou
  • Avontuurkampe
  • Nasionalekamp

 

Ons vra u om een kind te help om ’n kamp by te woon. Baie kinders wil baie graag gaan, maar het nie die finansiële vermoëns nie. Deur een kind vir ’n week te help, kan u ’n lewe verander, wat ’n rimpel-effek kan hê en ’n gesin, ’n skool en selfs ’n gemeenskap kan verander.

 

Om 'n kind te borg, volg net die volgende twee stappe:

Stap 1: Vul die donateursvorm in.

Stap 2: Stuur die vorm met die betalingsbesonderhede aan Nadine Arendse (besonderhede op vorm) of maak 'n direkte betaling.

Created and Maintained by Direct Applications
Sunday the 20th. . Joomla 3.0 Template.