Borg ’n kamp

Kampe bied vir ons ’n effektiewe manier om by kinders se harte uit te kom want ons glo dat Christus die kinders se lewens aanraak en verander deur die ervarings wat op kampe geskep word.

 

Ons bied die volgende kampe aan:

  • Kringleierskampe
  • Leierskapkampe
  • Graad 7-skoolverwisselingskampe
  • Vakansiekampe
  • Takkampe
  • Spanbou
  • Avontuurkampe
  • Nasionalekamp

 

Ons vra u om ons te help om ons kampe meer bekostigbaar te maak. Baie kinders wil baie graag gaan, maar het nie die finansiële vermoëns nie. Deur 'n bydrae te maak vir so kamp, kan u ’n lewe verander, wat ’n rimpel-effek kan hê en gesinne, skole en selfs gemeenskappe kan verander word.

 

Om 'n kamp te borg, volg net die volgende twee stappe:

Stap 1: Vul die donateursvorm in.

Stap 2: Stuur die vorm met die betalingsbesonderhede aan Nadine Arendse (besonderhede op vorm) of maak 'n direkte betaling.

Created and Maintained by Direct Applications
Sunday the 20th. . Joomla 3.0 Template.